Afrikaans 1983

Job 16:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe het Job weer gepraat:

2. “Hierdie soort argument het ek al baie gehoor.Julle is almal maar hopelose troosters.

3. Kom daar dan geen einde aan julle sinlose gepraat nie?Wat pla julle dat julle die laaste woord wil hê?

4. Ek sou ook soos julle kon praatas julle sou ly wat ek te ly het.Dan kon ek medelye met julle betoonen my kop meewarig oor julle skud.

5. Ek sou julle kon bemoedig met my woorde,maar niksseggende woorde sou ek terughou.

6. Maar my pyn sal nie ophou as ek praat nie,dit sal ook nie verdwyn as ek ophou praat nie.

7. Nou het God my afgetakel,Hy het my hele gesin uitgewis.

8. Hy het my beetgepak, en dít dien as getuienis teen my;my vervalle toestand staan op en getuig teen my.

9. God het my in sy toorn verskeur en vervolg,in sy woede het Hy my lewe bedreig,Hy, my Teëstander, deurboor my met sy oë.