Afrikaans 1983

Job 15:28-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

28. Hy sal in verwoeste stede moet woon,in onbewoonbare huise,huise wat dreig om bouvalle te word.

29. Hy sal nie ryk bly nie, sy rykdom sal nie hou nie,sy besittings op die aarde sal nie meer word nie.

30. Hy sal die dood nie vryspring nie,sy nakomelinge sal deur vuur verteer word,sy woorde in die wind verdwyn.

31. 'n Mens moenie vertrou op wat niks is nie.Dit bring hom nêrens nie,in ruil daarvoor kry hy ook niks nie.

32. Voor sy tyd gekom het,is sy groeikrag daarmee heen.