Afrikaans 1983

Job 14:1-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “Die mens, uit 'n vrou gebore, se lewe is kort en vol onrus.

2. Hy is soos 'n blom wat oopgaan en dan verlep,'n skaduwee wat verbygaan en nie stilstaan nie.

3. Dit is so 'n mens vir wie U in die oog hou,vir wie U in 'n regsgeding met U wil betrek.

4. Wie kan rein uit onrein laat voortkom?Niemand nie!

5. “Die mens se dae is vasgestel,U het die getal van sy jare bepaal,U het dit neergelê, en hy kan dit nie oorskry nie.

6. U moet van hom af wegkyk en hom met rus laattotdat hy soos 'n huurling sy dagtaak afgehandel het.

7. Vir 'n boom is daar nog hoop;al is dit afgekap, kan dit weer uitloop,en sy lote sal aanhou groei.

8. Al word sy wortels oud in die aardeen al gaan sy stam dood in die grond,

9. spruit hy weer uit as hy net water ruik,en groei sy takke asof hy pas geplant is.

10. Maar die mens sterf en verdwyn,hy blaas sy laaste asem uit, en waar is hy?

11. Soos water uit die see verdamp,en 'n rivier opdroog,

12. so ontslaap die mens en staan nie weer op nie;totdat die hemel nie meer daar is nie,sal hy nie wakker skrik nie,nie weer wakker gemaak word nie.

13. As U my maar liewer in die doderyk wou wegsteek,my daar wou hou tot u toorn afgekoel het,as U maar liewer 'n tyd vir my wou vasstelen dan weer aan my wou dink!

14. “As 'n mens sterf, sal hy weer lewe?Dan sou ek al die dae van my swaarkry kon wagtot daar vir my nuwe lewe kom.