Afrikaans 1983

Job 13:3-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Maar ek wil eintlik met die Almagtige praat,ek wil my saak aan God stel.

4. Julle stapel die een leuen op die ander,julle is kwaksalwers, julle almal.

5. As julle maar liewer net wou stilbly,sou dit vir julle tot wysheid gereken kon word.

6. “Luister na my kant van die saak,neem my argumente in ag:

7. Wil julle vir God intree met onregen sy saak bepleit met leuens?

8. Wil julle vir Hom partydig wees?Wil julle God se saak verdedig?

9. As Hy julle sou ondersoek,sou dit vir julle goed verloop?Sou julle Hom kon bedrieg soos julle mense bedrieg?

10. Hy sal julle swaar strafas julle in die geheim partydig is.

11. Sy verhewe mag sal julle met skrik vervul,skrik vir Hom sal julle oorval.