Afrikaans 1983

Job 13:22-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

22. “Roep my, en ek sal antwoord,of anders, laat ék praat en antwoord Ú my:

23. Hoeveel misdade en sondes het ek begaan?Wys my wat my oortredings en my sondes is!

24. Waarom vermy U myen beskou U my as u vyand?

25. Wil U 'n verwaaide blaar skrikmaak,'n droë stoppel agtervolg

26. dat U so 'n bitter lyding vir my beskiken my laat boet vir die sondes van my jeug?

27. U bind 'n blok aan my voete,U hou elke voetstap van my dop,U merk my, waar ek ook al gaan.

28. “En dít 'n mens wat vergaan soos iets wat verrot,soos 'n stuk klere wat deur motte gevreet is.”