Afrikaans 1983

Job 12:4-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. “Ek is 'n grap vir my vriende,en dít iemand wat tot God roep en van Hom antwoord kry.'n Regverdige, 'n vrome wat 'n grap is!

5. Vir dié wat geen kommer ken nie,pas ongeluk en smaad bymekaar,by dié wat struikel, pas 'n skop.

6. In die huise van die rowers is daar rus,en dié wat God se toorn verwek, is veilig,dié wat meen dat hulle vir God in hulle mag het.

7. “Miskien moet jy die diere vra om jou te leer,die voëls daarbo om jou te vertel,

8. of praat met die aarde dat dit jou leeren met die visse in die see dat hulle dit vir jou sê.

9. Wie van hulle weet nie almaldat die hand van die Here alles gemaak het nie?

10. Hy het al wat lewe, in sy mag,die asem van elke mens.

11. Moet die oor nie woorde toetssoos die verhemelte kos proe nie?

12. “Wysheid kom in die gryse ouderdomen insig na baie jare.

13. By God is wysheid en krag,by Hom is raad en insig.

14. As Hy afbreek, kan niemand opbou nie,as Hy gevange neem, kan niemand vrylaat nie.

15. As Hy die water terughou, verdroog alles,as Hy dit laat losbreek, vernietig dit die aarde.

16. By Hom is daar mag en oorwinning,wie bedrieg en wie bedrieg word, is albei Syne.

17. Hy laat raadgewers van konings kaalvoet loopen maak van regeerders gekke.

18. Hy vernietig die gesag van koningsen laat hulle slaweklere dra.

19. Hy laat priesters kaalvoet loopen laat dié wat die mag het, ondergaan.