Afrikaans 1983

Job 12:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe het Job weer gepraat:

2. “Werklik, julle is die enigste mense wat iets weet!Met julle sterf die wysheid uit!

3. Ek het ook verstand, net soos julle,ek staan nie vir julle terug nie.Wie weet nie al dié dinge nie?

4. “Ek is 'n grap vir my vriende,en dít iemand wat tot God roep en van Hom antwoord kry.'n Regverdige, 'n vrome wat 'n grap is!

5. Vir dié wat geen kommer ken nie,pas ongeluk en smaad bymekaar,by dié wat struikel, pas 'n skop.

6. In die huise van die rowers is daar rus,en dié wat God se toorn verwek, is veilig,dié wat meen dat hulle vir God in hulle mag het.

7. “Miskien moet jy die diere vra om jou te leer,die voëls daarbo om jou te vertel,