Afrikaans 1983

Job 11:14-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. as jy jou sonde van jou af sou verwyderen nie toelaat dat onreg in jou woon nie,

15. kan jy jou kop sonder skaamte opligen in die nood kom sonder om bang te wees,

16. kan jy jou swaarkry vergeeten daaraan dink asof dit water is wat weggeloop het.

17. Jou lewe sal meer lig hê as die helder middag,jou donker sal lig word soos die môre.

18. Jy sal gerus wees omdat daar vir jou vooruitsigte is,jy sal jou lêplek regmaak en rustig slaap.

19. Jy sal gaan lê en vir niemand bang wees nie,en baie mense sal jou guns soek.

20. Maar die oë van die goddeloses sal toegaan,daar is geen uitkoms vir hulle nie:al vooruitsig wat hulle het, is om die laaste asem uit te blaas.”