Afrikaans 1983

Job 1:2-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Hy het sewe seuns en drie dogters gehad

3. en was ook die eienaar van sewe duisend stuks kleinvee, drie duisend kamele, vyf honderd paar trekosse, vyf honderd donkies en baie slawe. Onder die mense in die ooste was hy die belangrikste man.

4. Sy seuns het om die beurt partytjies gehou in mekaar se huise. By sulke geleenthede het hulle dan hulle drie susters genooi om saam met hulle fees te vier.

5. Ná so 'n reeks partytjies het Job dan sy seuns en dogters beveel om hulle vir die bring van offers te reinig, en vroeg die môre het hy vir hulle almal 'n brandoffer gebring, “want,” het Job gesê: “miskien het my kinders gesondig en God in hulle gedagtes gevloek.”Job het dit elke keer gedoen.

6. Op 'n dag het die hemelwesens voor die Here kom staan, en die Satan was ook onder hulle.

7. Toe vra die Here vir hom: “Waar kom jy vandaan?”En die Satan antwoord die Here: “Ek het die wêreld deurkruis.”