Afrikaans 1983

Jesaja 9:4-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Elke soldateskoen wat in die oorlog gebruik is,en elke uniform wat met bloed bevlek is, sal verbrand word,deur die vuur verteer word.

5. Vir ons is 'n Seun gebore,aan ons is 'n Seun gegee;Hy sal heers, en Hy sal genoem word:Wonderbare Raadsman,Magtige God,Ewige Vader,Vredevors.

6. Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.

7. Die Here het 'n boodskap gestuur vir Jakob, vir Israel; Hy het hulle aangespreek:

8. Die hele volk, Efraim en die inwoners van Samaria wat so trots en selfversekerd is, moet dit weet. Hulle sê: