Afrikaans 1983

Jesaja 52:9-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Jubel en juig, puinhope van Jerusalem,want die Here het vir sy volk uitkoms gebring,Hy het Jerusalem verlos.

10. Die Here het sy heiligheid, sy mag, geopenbaar voor die oë van al die nasies.Tot aan die uithoeke van die aardesal hulle die redding sien wat ons God bewerk het.

11. Gee pad, gee pad, kom uit uit Babel!Moenie aan iets raak wat onrein is nie.Kom uit daar! Sorg dat julle rein is,julle wat die tempelgereedskap dra.

12. Julle hoef nie haastig pad te gee nie,julle hoef nie soos vlugtelinge te vertrek nie:Die Here gaan voor julle uit,die God van Israel kom agter julle aan.