Afrikaans 1983

Jesaja 47:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Klim af, gaan sit in die stof, Babel!Gaan sit op die grondsonder jou troon,stad van die Galdeërs!Jy sal nie langer vergelyk word met 'n jong vrouwat fyn is en altyd haar sin kry nie.

2. Vat maalklippe en maal meel,slaan jou sluier op, trek jou boklere uit,maak jou onderlyf kaal en loop deur die rivier.

3. Jou geslagsdele sal kaal wees,mense sal jou bekyk en jou bespot.Ek, die Here, gaan jou straf,Ek sal niemand verskoon nie.

4. Ons Verlosser is die Heilige van Israel,sy Naam is die Here die Almagtige.

5. Sit doodstil, kruip weg in die donker,stad van die Galdeërs!Jy sal nie langer bekend staanas die een wat heers oor al die koninkryke nie.

6. Ek was kwaad vir my volk,Ek het hulle nie meer as my besitting beskou nie;daarom het Ek hulle in jou mag oorgegee.Maar jy het nie met hulle medelye gehad nie;selfs op die oumense het jy 'n swaar juk gelê.