Afrikaans 1983

Jesaja 34:15-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Uile sal daar nes maak en eiers lê,hulle sal op die eiers sit en dit uitbroei.Die aasvoëls sal daar vergader, elkeen met sy wyfie.

16. Kyk gerus in die boek van die Here en lees:nie een van dié diere sal daar ontbreek nie,nie een sal sonder 'n wyfie wees nie.Die Here het die bevel gegeeen sy Gees laat hulle daar bymekaarkom.

17. Hy het self die land deur loting onder hulle verdeel.Hulle besit dit vir altyd,hulle sal daar woon deur geslagte heen.