Afrikaans 1983

Jesaja 32:9-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Gee aandag, luister na my, julle vrouens wat so onbesorg lewe,luister na wat ek sê, julle wat so selfversekerd is!

10. Julle wat nou so selfversekerd is,sal oor iets meer as 'n jaar rede hê om te bewe:daar sal nie druiwe wees om te oes nie,geen vrugte om te pluk nie.

11. Staan maar nou al verskrik, onbesorgdes,begin maar bewe, selfversekerdes!Trek uit julle klere, trek rouklere aan,

12. slaan julle borste van smartoor die welige landerye, die vrugbare wingerde,

13. oor my volk se grondwat oortrek is met dorings en dissels,oor al die huise waarin daar soveel vrolikheid was,oor die stad wat altyd so uitgelate feesgevier het.

14. Die paleis lê verlate,die stad wat so bedrywig was, is leeg.Waar Ofel en die wagtoring was,is dit vir altyd net veldwaar wildedonkies lustig vreeten troppe vee wei.

15. So sal dit wees totdat die Geesvan Bo af op ons uitgestort word.Dan word die woestyn 'n vrugteboorden word die vrugteboord so digdat dit vir 'n bos aangesien word.