Afrikaans 1983

Jesaja 32:16-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. Maar in woestyn en in vrugteboordsal reg geskied en reg gedoen word.

17. Wie reg doen, sal vrede hê;wie volhard in regdoen, sal vir altyd rus en sekerheid geniet.

18. My volk sal in rustige velde woon,in veilige wonings,op plekke waar daar rus is en geen sorge nie.

19. Al slaan hael die bosse weg,al word die stad met die grond gelyk gemaak,

20. met julle sal dit goed gaan:julle sal saai langs baie waters,julle sal julle beeste en julle donkies vry laat loop.