Afrikaans 1983

Jesaja 32:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Daar sal 'n koning kom wat reg sal regeeren amptenare wat reg sal laat geskied.

2. Hulle sal elkeen soos 'n skerm teen die wind,soos 'n skuiling teen die stortreën wees,soos strome water in 'n dor land,soos die skaduwee van 'n groot rots in 'n kaal wêreld.

3. Dan sal die oë van dié wat moet sien, nie meer toe wees nieen sal die ore van dié wat moet hoor, weer kan hoor.

4. Die verstand van onbesonne mense sal kennis kan verwerken die hakkelaars sal vlot kan praat.

5. 'n Dwaas sal nie meer as eerbaar beskou word nieen 'n skurk nie meer as edel beskryf word nie.

6. 'n Dwaas laster teen God,sy gedagtes is net met sonde besig;wat hy doen, wys dat hy ver van die Here af leef,wat hy vir die Here sê, is vals.So iemand laat 'n honger mens honger blyen weier om 'n dors mens water te gee.

7. 'n Skurk se motiewe is kwaadwillig,hy smee boosaardige planneom met leuens die ondergang van eenvoudige, arm mense te bewerk,ook al beroep hulle hulle op die reg.

8. 'n Eerbare mens het eerbare bedoelingsen hy kom op vir wat eerbaar is.