Afrikaans 1983

Jesaja 18:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ellende wag vir die land met die insekteplae,die land aan die riviere van Kus!

2. Hy stuur gesante oorsee,hy stuur hulle in papirusbote oor die water.Gaan terug, gesante wat so haastig is,gaan terug na julle lang mense toe, hulle met die blink velle,julle volk wat wyd en syd gevrees word,wat gewoond is om alles met mag plat te trap,en wie se land deur riviere deursny word.

3. Julle almal wat in die wêreld woon,julle bewoners van die aarde,kyk wanneer die vaandel opgesteek word op die berge,luister wanneer die ramshoring blaas!

4. So het die Here vir my gesê:Ek sal rustig uit my woonplek ondertoe kyk,ongestoord soos die hittegolwe op 'n warm dag,soos 'n miswolk in die somerhitte.

5. Voor die tyd van die graanoes,wanneer die bloeityd van die wingerd verby is,en die blomme druiwe geword het wat besig is om ryp te word,word die wingerdlote met snoeimesse afgesnyen die ranke afgebreek en weggegooi.

6. Die ranke word oorgelaat aan die roofvoëls uit die bergeen aan die wilde diere.In die somer sit die roofvoëls op die ranke,in die winter lê die wilde diere daarop.