Afrikaans 1983

Jesaja 18:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ellende wag vir die land met die insekteplae,die land aan die riviere van Kus!

2. Hy stuur gesante oorsee,hy stuur hulle in papirusbote oor die water.Gaan terug, gesante wat so haastig is,gaan terug na julle lang mense toe, hulle met die blink velle,julle volk wat wyd en syd gevrees word,wat gewoond is om alles met mag plat te trap,en wie se land deur riviere deursny word.

3. Julle almal wat in die wêreld woon,julle bewoners van die aarde,kyk wanneer die vaandel opgesteek word op die berge,luister wanneer die ramshoring blaas!