Afrikaans 1983

Jesaja 1:4-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Ellende wag vir julle, sondige nasie,volk met skuld belaai,geslag wat verkeerd handel,julle wat net afbreek,wat My, die Here, verlaat het,My, die Heilige van Israel, veragen vir My die rug gedraai het.

5. Daar is nie meer plekwaar nog aan julle geslaan kan word nie,en tog hou julle aan om van My af weg te draai.Die hele kop is vol seerplekkeen die hele gestel is verswak.

6. Van kop tot toneis daar nie een plek heel nie:dit is die ene kneusplekke, hale en rou wonde!Hulle is nie skoongemaak of verbindof met salf behandel nie.

7. Julle land is verwoes,julle stede is verbrand,voor julle oë verteer vreemdes julle landerye.Hulle het dit 'n verlate wêreld gemaak.

8. Soos 'n skerm in 'n wingerdhet Sion alleen oorgebly,soos die hut van 'n wagter in 'n komkommertuin.Sion is 'n beleërde stad.

9. As die Here die Almagtigenie 'n klompie van ons laat oorbly het nie,sou ons soos Sodom geword het,ons sou net soos Gomorra gewees het.

10. Luister na die woord van die Here, julle Sodomsleiers!Gee ag op wat ons God julle leer, julle Gomorrasvolk!