Afrikaans 1983

Jeremia 50:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Wat die Here deur die profeet Jeremia oor Babel en oor Galdeërland gesê het:

2. Vertel vir al die nasies, kondig dit aan!Hou 'n vaandel op, kondig dit aan!Moet dit nie stil hou nie, sê:Babel is ingeneem, Bel is verslaan,Marduk staan verskrik,Babel se beelde staan verslae,sy afgode staan verskrik.

3. Daar trek 'n nasie uit die noorde teen hom open maak sy land 'n verlate plek;daar woon niemand meer nie,mens en dier het op die vlug geslaan.

4. Dan, daardie tyd, sê die Here,sal die Israeliete en die Judeërs saam vertrek.Hulle sal huil-huil loopen na die wil van die Here hulle God vra.

5. Hulle sal die pad vra na Sion toe,hulle sal hiernatoe kom en sê:“Kom ons bind ons aan die Herein 'n blywende verbond wat nie vergeet sal word nie.”