Afrikaans 1983

Jeremia 4:19-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. O die krampe in my ingewande, o die benoudheid in my hart!My hart bons wild, ek kan dit nie tot bedaring bring nie,want ek het die geluid van die ramshoring gehoor,en die oorlogskrete!

20. Die val van die een stad na die ander word uitgeskreeu,die hele land is verwoes.Met een slag is my wonings vernietig,in een oomblik my woonplekke.

21. Hoe lank sal ek nog die vyande se vaandel sien,die geluid van die ramshoring hoor?

22. My volk tree dwaas op, hulle erken My nie,hulle is moedswillige kinders, sonder enige begrip van wat Ek doen.Hulle is net slim as dit kom by verkeerddoen,van goeddoen wil hulle niks weet nie.

23. Ek het na die land gekyk, en dit was onbewoonbaar,na die hemel, en die lig was daaruit weg;

24. ek het na die berge gekyk, en hulle het gebewe,na al die heuwels, en hulle het geskud.