Afrikaans 1983

Jeremia 27:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Kort nadat Sedekia seun van Josia koning van Juda geword het, het hierdie woord van die Here tot Jeremia gekom:

2. So het die Here vir my gesê: Maak vir jou jukke met skeie en stroppe en sit een daarvan op jou nek.

3. Die ander moet jy na die konings van Edom, Moab, Ammon, Tirus en Sidon toe stuur met die boodskappers wat na koning Sedekia van Juda in Jerusalem gekom het.

4. Beveel die boodskappers om vir hulle konings te sê: So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Julle moet vir julle konings sê: