Afrikaans 1983

Hooglied 8:8-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. “Ons suster is nog klein,haar borste is nog nie ontwikkel nie.Wat kan ons vir ons suster doendie dag as hulle om haar hand begin meeding?

9. As sy 'n muur was,het ons op haar 'n silwertoring gebou,as sy 'n deur was,het ons haar toegemaak met sederplanke.”

10. “Ek is 'n muur, en my borste is soos torings.Daarom is ek vir die man wat ek liefhetiemand wat hom gelukkig maak.”

11. “Salomo het 'n wingerd gehad in Baäl-Hamon.Hy het die wingerd aan wagte toevertrou.Iemand sou vir die opbrengsgoed elf duisend gram silwer wou gee.

12. My wingerd is myne alleen.Hou maar die silwer, Salomo,en sit daar twee duisend gram byvir dié wat die opbrengs bewaak.

13. Jy wat in die tuin woonen na wie se stem jou vriende luister,laat my jou stem hoor!”