Afrikaans 1983

Hebreërs 3:11-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Toe het Ek in my toorn 'n eed afgelê:In my rus sal hulle beslis nie ingaan nie.”

12. Broers, julle moet toesien dat daar nooit by een van julle 'n verkeerde gesindheid van ongeloof ontstaan en hy van die lewende God afvallig word nie.

13. Maar solank daar nog 'n “vandag” is, moet julle mekaar elke dag aanspoor sodat niemand van julle deur die misleiding van die sonde verhard word nie.

14. Ons behou deel aan Christus as ons end-uit volhard in die vertroue waarmee ons begin het.

15. Daarom word daar gesê:“Vandag as julle sy stem hoor,moet julle nie hardkoppig wees nie,soos julle voorvaders toe hulle in opstand gekom het.”

16. Wie was dit dan wat gehoor het en tog in opstand gekom het? Was dit nie hulle almal wat onder leiding van Moses uit Egipte getrek het nie?

17. En van wie het God veertig jaar lank 'n afkeer gehad? Was dit nie van hulle wat gesondig het en wie se dooie liggame in die woestyn agtergebly het nie?

18. Oor wie anders as dié wat ongehoorsaam was, het Hy 'n eed afgelê dat hulle nie in sy rus sou ingaan nie?