Afrikaans 1983

Handelinge 25:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Drie dae na sy aankoms in die provinsie het Festus van Sesarea af Jerusalem toe gegaan.

2. Die priesterhoofde en die leiers van die Jode het voor hom verskyn en 'n aanklag teen Paulus ingebring. Hulle het hom ernstig versoek

3. om hulle 'n guns te bewys en Paulus na Jerusalem toe te laat haal. Hulle het dit gevra omdat hulle hom op pad daarheen in 'n hinderlaag wou doodmaak.