Afrikaans 1933-1953

Joël 3:4-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. En ook, wat het julle met My te doen, o Tirus en Sidon en al die landstreke van Filistéa? Wil julle My iets vergelde, of wil julle My iets aandoen? Gou, ylings sal Ek julle dade op julle hoof laat neerkom.

5. Want julle het my silwer en my goud geneem en my kosbare skatte na julle tempels gebring.

6. Verder het julle die kinders van Juda en die kinders van Jerusalem aan die kinders van Jawan verkoop, om hulle ver van hul grondgebied te verwyder.

7. Kyk, Ek sal hulle laat opstaan uit die plek waarheen julle hulle verkoop het, en julle dade op julle hoof laat neerkom.

8. En Ek sal julle seuns en julle dogters aan die kinders van Juda verkoop, en dié sal hulle verkoop aan die Sabeërs, aan ’n verafgeleë volk; want die Here het dit gespreek.

9. Roep dit uit onder die nasies, heilig ’n oorlog! Wek die helde op, laat al die krygsmanne nader kom, opruk!

10. Smee van julle pikke swaarde en van julle snoeimesse spiese; laat die swakke sê: Ek is ’n held.