Afrikaans 1933-1953

Hebreërs 7:14-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Want dit is volkome duidelik dat onse Here uit Juda voortgespruit het, en met betrekking tot hierdie stam het Moses niks gesê van die priesterskap nie.

15. En nog baie duideliker is dit as daar ’n ander priester opstaan na die ewebeeld van Melgisédek,

16. een wat dit geword het nie kragtens die wet van ’n vleeslike gebod nie, maar uit die krag van die onvernietigbare lewe.

17. Want Hy getuig: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.

18. Want aan die een kant is daar die opheffing van die voorafgaande gebod weens die swakheid en nutteloosheid daarvan,

19. omdat die wet niks volkome gemaak het nie; maar aan die ander kant is daar die invoering van ’n beter hoop waardeur ons tot God nader.

20. En vir sover dit nie sonder eedswering was nie — want húlle het sonder eedswering priesters geword,

21. maar Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het: Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek —