Afrikaans 1933-1953

Hebreërs 4:8-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ’n ander dag daarná spreek nie.

9. Daar bly dus ’n sabbatsrus oor vir die volk van God;

10. want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.

11. Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.

12. Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.