Afrikaans 1933-1953

Hebreërs 3:5-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. En Moses was wel getrou in sy hele huis as ’n dienaar, om te getuig van wat nog gespreek sou word,

6. maar Christus as Seun oor sy huis. En ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou.

7. Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor,

8. verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie,

9. waar julle vaders My versoek, My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het.