Afrikaans 1933-1953

Galásiërs 4:6-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader!

7. Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.

8. Maar destyds, toe julle God nie geken het nie, het julle dié gedien wat van nature geen gode is nie;

9. maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien?

10. Julle neem dae en maande en tye en jare waar.

11. Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het.

12. Broeders, ek bid julle, word soos ek, want ek is ook soos julle. Julle het my geen onreg aangedoen nie;

13. maar julle weet dat ek ten gevolge van krankheid van die vlees die eerste keer die evangelie aan julle verkondig het;

14. en julle het my beproewing in my vlees nie verag of verfoei nie, maar julle het my ontvang as ’n engel van God, ja, as Christus Jesus.

15. Wat was dan julle saligprysing? Want ek getuig van julle dat julle, as dit moontlik was, jul oë uitgegrawe en vir my sou gegee het.

16. Het ek dan julle vyand geword deur julle die waarheid te vertel?

17. Hulle ywer vir julle is nie goed nie, maar hulle wil ons buitesluit, sodat julle vir hulle kan ywer.

18. Dit is goed as daar altyd geywer word in ’n goeie saak en nie alleen wanneer ek by julle teenwoordig is nie,

19. my kinders, vir wie ek weer in barensnood is totdat Christus in julle ’n gestalte verkry.

20. EN ek sou wens om nou by julle teenwoordig te wees en my stem te verander, want ek is buite raad met julle.

21. Julle wat onder die wet wil wees, sê vir my, luister julle nie na die wet nie?