Afrikaans 1933-1953

Galásiërs 4:25-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

25. want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny.

26. Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal.

27. Want daar is geskrywe: Verbly jou, onvrugbare wat nie baar nie; breek uit en roep, jy wat geen barensnood het nie, want die kinders van die eensame is meer as van haar wat ’n man het.

28. Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte;

29. maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook.

30. Maar wat sê die Skrif? Werp die slavin en haar seun uit, want nooit mag die seun van die slavin saam met die seun van die vrye erwe nie.

31. Daarom, broeders, ons is nie kinders van die slavin nie, maar van die vrye.