Afrikaans 1933-1953

Galásiërs 4:14-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. en julle het my beproewing in my vlees nie verag of verfoei nie, maar julle het my ontvang as ’n engel van God, ja, as Christus Jesus.

15. Wat was dan julle saligprysing? Want ek getuig van julle dat julle, as dit moontlik was, jul oë uitgegrawe en vir my sou gegee het.

16. Het ek dan julle vyand geword deur julle die waarheid te vertel?

17. Hulle ywer vir julle is nie goed nie, maar hulle wil ons buitesluit, sodat julle vir hulle kan ywer.

18. Dit is goed as daar altyd geywer word in ’n goeie saak en nie alleen wanneer ek by julle teenwoordig is nie,

19. my kinders, vir wie ek weer in barensnood is totdat Christus in julle ’n gestalte verkry.

20. EN ek sou wens om nou by julle teenwoordig te wees en my stem te verander, want ek is buite raad met julle.

21. Julle wat onder die wet wil wees, sê vir my, luister julle nie na die wet nie?

22. Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye.

23. Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte.

24. Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar — dit is Hagar;

25. want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny.

26. Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal.