Afrikaans 1933-1953

Filémon 1:21-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. In vertroue op jou gehoorsaamheid het ek aan jou geskrywe, omdat ek weet dat jy nog meer sal doen as wat ek sê.

22. EN berei tegelykertyd ook herberg vir my, want ek hoop dat ek op julle gebede aan julle sal geskenk word.

23. Épafras, my medegevangene in Christus Jesus, groet jou;

24. ook Markus, Aristárchus, Demas en Lukas, my mede-arbeiders.

25. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle gees! Amen.