Afrikaans 1933-1953

Esra 1:6-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. En almal wat rondom hulle was, het hul hande versterk met silwervoorwerpe, met goud, met goed en vee en kosbare geskenke, behalwe alles wat hulle as vrywillige gawe aangebring het.

7. En koning Kores het die voorwerpe van die huis van die Here uitgelewer wat Nebukadnésar uit Jerusalem weggevoer en in die huis van sy god gesit het.

8. En Kores, die koning van Persië, het dit uitgelewer onder toesig van Mítredat, die skatmeester; en dié het dit aan Sésbassar, die vors van Juda, voorgetel.

9. En dit was hulle getal: dertig goue komme, duisend silwerkomme, negen-en-twintig messe;

10. dertig goue bekers; verder vierhonderd-en-tien silwerbekers, duisend ander voorwerpe.

11. Al die voorwerpe van goud en silwer was: vyfduisend-vierhonderd; dit alles het Sésbassar saamgebring toe die ballinge uit Babel na Jerusalem opgetrek het.