Afrikaans 1933-1953

Efésiërs 4:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EK vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is,

2. met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra

3. en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.

4. Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping;

5. een Here, een geloof, een doop,