Afrikaans 1933-1953

2 Kronieke 13:7-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. En ligsinnige manne, deugniete, het by hom vergader en hulle versit teen Rehábeam, die seun van Salomo; en Rehábeam was jonk en week van hart, sodat hy hulle geen teëstand kon bied nie.

8. En nou dink julle om teëstand te bied aan die koningskap van die Here in die hand van die seuns van Dawid, omdat julle ’n groot menigte is en daar goue kalwers by julle is wat Jeróbeam vir julle as gode gemaak het.

9. Het julle nie die priesters van die Here, die seuns van Aäron, en die Leviete verdrywe en vir julle priesters gemaak soos die volke van die lande nie? Elkeen wat kom met ’n jong bul en sewe ramme om hom te laat aanstel, dié het priester geword van die wat geen gode is nie.