Afrikaans 1933-1953

2 Kronieke 13:17-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. En Abía met sy manskappe het ’n groot slag onder hulle geslaan, sodat van Israel vyfhonderdduisend jong manskappe as gesneuweldes geval het.

18. En die kinders van Israel is in dié tyd verneder, maar die kinders van Juda het sterk geword, omdat hulle op die Here, die God van hulle vaders, gesteun het.

19. En Abía het Jeróbeam agternagejaag en stede van hom afgeneem: Bet-el met sy onderhorige plekke, en Jesána met sy onderhorige plekke, en Efron met sy onderhorige plekke.

20. En Jeróbeam het geen krag meer behou in die dae van Abía nie, en die Here het hom swaar getref, sodat hy gesterf het.

21. Maar Abía het hom versterk; en hy het vir hom veertien vroue geneem en die vader van twee-en-twintig seuns en sestien dogters geword.

22. En die verdere geskiedenis van Abía, sy weë en sy woorde, is beskrywe in die Uitleg van die profeet Iddo.