Afrikaans 1933-1953

2 Kronieke 13:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. IN die agttiende jaar van koning Jeróbeam het Abía oor Juda koning geword.

2. Drie jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Migája, die dogter van Úriël uit Gíbea. En daar was oorlog tussen Abía en Jeróbeam.

3. En Abía het die oorlog begin met ’n leër van dapper krygsmanne, vierhonderdduisend jong manskappe; en Jeróbeam het hom in slagorde teen hom opgestel met agthonderdduisend jong manskappe, dapper helde.

4. Toe gaan Abía bo-op die berg Semaráim staan wat in die gebergte van Efraim is, en sê: Luister na my, Jeróbeam en die hele Israel!

5. Behoort julle nie te weet dat die Here, die God van Israel, die koningskap oor Israel aan Dawid vir ewig gegee het, aan hom en sy seuns as ’n soutverbond nie?

6. Maar Jeróbeam, die seun van Nebat, die dienaar van Salomo, die seun van Dawid, het opgestaan en teen sy heer gerebelleer.