Afrikaans 1933-1953

2 Konings 5:6-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. en aan die koning van Israel die brief gebring van die volgende inhoud: Saam met hierdie brief aan u stuur ek dan nou my dienaar Naäman na u toe, dat u sy melaatsheid kan wegneem.

7. Sodra die koning van Israel die brief gelees het, skeur hy sy klere en sê: Is ek dan God, om dood en lewend te maak, dat hierdie man na my stuur om van ’n man sy melaatsheid weg te neem? Erken en sien tog net hoedat hy ’n geleentheid teen my soek.

8. Maar toe Elísa, die man van God, hoor dat die koning van Israel sy klere geskeur het, laat hy die koning weet: Waarom skeur u u klere? Laat hom maar na my kom; dan sal hy weet dat daar ’n profeet in Israel is.

9. So het Naäman dan gekom met sy perde en met sy waens en voor die deur van Elísa se huis stilgehou.

10. Toe stuur Elísa ’n boodskapper na hom om te sê: Gaan heen, was jou sewe maal in die Jordaan; dan sal jou vlees terugkeer, en jy sal rein wees.