Afrikaans 1933-1953

2 Konings 3:19-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. En julle sal elke versterkte stad en elke uitgesoekte stad oorweldig en elke goeie boom omkap en al die waterfonteine toestop, en elke goeie stuk grond sal julle met klippe bederwe.

20. En die volgende môre, omtrent die tyd dat hulle die spysoffer bring, kom daar meteens water van die kant van Edom af, sodat die land vol water geword het.

21. En toe al die Moabiete hoor dat die konings optrek om teen hulle te veg, is hulle opgeroep, almal wat die gord vasgespe en wat ouer was, en hulle het by die grens gaan staan.

22. Terwyl hulle die môre vroeg hul gereedmaak en die son oor die water opgaan, sien die Moabiete op ’n afstand die water rooi soos bloed.

23. En hulle sê: Dit is bloed; die konings het sekerlik mekaar aangeval en die een die ander verslaan; en nou op die buit af, julle Moabiete!