Afrikaans 1933-1953

2 Konings 18:6-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Ja, hy het die Here aangehang sonder om van Hom af te wyk en sy gebooie onderhou wat die Here Moses beveel het.

7. En die Here was met hom; waar hy ook heen uittrek, was hy voorspoedig; en hy het in opstand gekom teen die koning van Assirië en hom nie gedien nie.

8. Hy het die Filistyne verslaan tot by Gasa en sy grondgebied, van wagtoring af tot versterkte stad.

9. Maar in die vierde jaar van koning Hiskía — dit was die sewende jaar van Hoséa, die seun van Ela, die koning van Israel — het Salmanéser, die koning van Assirië, teen Samaría opgetrek en dit beleër;

10. en hulle het dit ingeneem aan die einde van drie jaar; in die sesde jaar van Hiskía — dit was die negende jaar van Hoséa, die koning van Israel — is Samaría ingeneem.

11. En die koning van Assirië het Israel in ballingskap weggevoer na Assirië en hulle laat bly in Halag en aan die Habor, die rivier van Gosan, en in die stede van Medië;

12. omdat hulle nie gehoorsaam was aan die stem van die Here hulle God nie, maar sy verbond oortree het — alles wat Moses, die kneg van die Here, beveel het — sonder om daarna te luister en te handel.

13. Maar in die veertiende jaar van koning Hiskía het Sánherib, die koning van Assirië, opgetrek teen al die versterkte stede van Juda en dit verower.