Afrikaans 1933-1953

2 Konings 17:32-41 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

32. Hulle het die Here ook gevrees en vir hulle priesters van die hoogtes uit al hul stande aangestel, wat vir hulle in die tempels van die hoogtes diens doen.

33. Hulle het die Here gevrees en hulle eie gode gedien volgens die gebruik van die nasies waar hulle vandaan weggevoer is.

34. Tot vandag toe handel hulle volgens die vroeëre gebruike: hulle vrees die Here nie, en handel ook nie volgens hulle insettinge en volgens hulle gebruike nie, of volgens die wet en volgens die gebod wat die Here die kinders van Jakob beveel het, aan wie Hy die naam Israel gegee het.

35. Tog het die Here met hulle ’n verbond gesluit en hulle bevel gegee en gesê: Julle mag geen ander gode vrees of julle voor hulle neerbuig of hulle dien of aan hulle offer nie.

36. Maar die Here wat julle uit Egipteland laat optrek het met groot krag en met ’n uitgestrekte arm, Hom moet julle vrees en voor Hom buig en aan Hom offer.

37. En die insettinge en die verordeninge en die wet en die gebod wat Hy julle voorgeskrywe het, moet julle altyd sorgvuldig onderhou, maar ander gode mag julle nie vrees nie.

38. En die verbond wat Ek met julle gesluit het, mag julle nie vergeet nie, en julle mag ander gode nie vrees nie.

39. Maar die Here julle God moet julle vrees, en Hý sal julle verlos uit die hand van al julle vyande.

40. Hulle het egter nie geluister nie en volgens hul vroeër gebruik gehandel.

41. So het hierdie nasies dan die Here gevrees en hulle gesnede beelde gedien; ook hulle kinders en hulle kindskinders doen soos hulle vaders gedoen het, tot vandag toe.