Afrikaans 1933-1953

2 Konings 15:35-38 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

35. Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan; dit is hy wat die Boonste Poort van die huis van die Here gebou het.

36. En die verdere geskiedenis van Jotam en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

37. In dié dae het die Here Resin, die koning van Aram, en Peka, die seun van Remália, teen Juda begin stuur.

38. En Jotam het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Agas het in sy plek koning geword.