Afrikaans 1933-1953

2 Konings 14:22-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. Hý het Elat gebou en weer aan Juda teruggebring, nadat die koning met sy vaders ontslaap het.

23. In die vyftiende jaar van Amásia, die seun van Joas, die koning van Juda, het Jeróbeam, die seun van Joas, die koning van Israel, in Samaría koning geword — een-en-veertig jaar lank.

24. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, hy het nie afgewyk van al die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.

25. Hý het die grondgebied van Israel herower van die ingang na Hamat af tot by die see van die Vlakte, volgens die woord van die Here, die God van Israel, wat Hy gespreek het deur die diens van sy dienskneg Jona, die seun van Amíttai, die profeet, wat uit Gat-Hefer was.

26. Want die Here het gesien dat die ellende van Israel baie bitter was en dit met almal sonder uitsondering gedaan was en Israel geen helper gehad het nie.