Afrikaans 1933-1953

2 Johannes 1:9-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Elkeen wat ’n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hý het die Vader sowel as die Seun.

10. As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie.

11. Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.