Afrikaans 1933-1953

2 Johannes 1:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIE ouderling aan die uitverkore vrou en aan haar kinders — wat ek in waarheid liefhet, en nie ek alleen nie, maar ook almal wat die waarheid leer ken het;

2. ter wille van die waarheid wat in ons bly en by ons vir ewig sal wees —

3. genade, barmhartigheid, vrede sal met julle wees van God die Vader en van die Here Jesus Christus, die Seun van die Vader, in waarheid en liefde.

4. EK was baie bly dat ek van u kinders gevind het wat in die waarheid wandel, soos ons ’n gebod van die Vader ontvang het.

5. En nou bid ek u, uitverkore vrou, nie asof ek u ’n nuwe gebod skryf nie, maar een wat ons van die begin af gehad het: dat ons mekaar moet liefhê.

6. En dit is die liefde, dat ons wandel volgens sy gebooie. Dit is die gebod soos julle van die begin af gehoor het dat julle daarin moet wandel.