Afrikaans 1933-1953

1 Petrus 2:13-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Wees dan onderdanig aan elke menslike verordening ter wille van die Here — of dit die koning is as opperheer,

14. of die goewerneurs as sy gesante, om wel kwaaddoeners te straf, maar die wat goed doen, te prys.

15. Want so is dit die wil van God dat julle deur goed te doen die onkunde van die dwase mense tot swye sal bring,

16. as vrymense en nie asof julle die vryheid het as ’n dekmantel vir die boosheid nie, maar as diensknegte van God.

17. Julle moet almal eer, die broederskap liefhê, God vrees, die koning eer.

18. DIENSKNEGTE, wees julle here onderdanig met alle vrees, nie alleen aan die wat goed en vriendelik is nie, maar ook aan die wat verkeerd is.

19. Want dit is genade as iemand, ter wille van die gewete voor God, leed verdra deur onregverdig te ly.

20. Want watter roem is daar as julle verdra wanneer julle sonde doen en geslaan word? Maar as julle verdra wanneer julle goed doen en ly — dit is genade by God.

21. Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle ’n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg;

22. Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie;

23. wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel;

24. wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.