Afrikaans 1933-1953

1 Johannes 1:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. WAT van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien het, wat ons aanskou het en ons hande getas het aangaande die Woord van die lewe —

2. en die lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien, en ons getuig en verkondig aan julle die ewige lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is —

3. wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle, sodat julle ook gemeenskap met ons kan hê; en ons gemeenskap is met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus.

4. En ons skrywe hierdie dinge aan julle, sodat julle blydskap volkome kan wees.